Books of interest 2009-05-24 Wat sou mans lees? Mans hou glo nie van soetsappige liefdesverhale nie. Navorsing in opdrag van die Britse Orange-boekprys in samewerking met BBC Radio 4 se Women’s Hour toon mans hou van spannende boeke waarin die mens deur ‘n intellektuele stryd vasgevang is. Mans hou ook van geweld, persoonlike kwesbaarheid, katastrofes, en mense se stryd om bo hul omstandighede uit te styg. Mans het ontken dat hulle liefdesverhale lees. Hulle hou glo by intelleltuele leesstof terwyl vroue intellektuele leesstof soms sal afwissel met ‘n lekker ontspannende liefdesverhaal. Die navorsers het ‘n lys opgestel van die top boeke wat mans graag lees. Die lys gee jou ‘n goeie idée watter boeke jy as geskenke vir mans kan koop. 1, CAMUS Albert - The Outsider 2. SALINGER JD - Catcher in the Rye 3. VONNEGUT Kurt - Slaughterhouse 5 4. MARQUEZ Gabriel Garcia - One Hundred Years of Solitude 5. CONRAD Joseph - Heart of Darkness 6. DOSTOJEFSKI Fjiodor - Crime and Punishment 7. FITZGERALD Joseph - The Great Gatsby 8. GREENE Graham - Brighton Rock 9. HELLER Joseph - Catch 22 10. HORNBY Nick - High Fidelity 11. JOYCE James - Ulysses 12. KAFKA Franz - The Metamorphosis 13. KUNDERA Milan - The Book of Laughter and Forgetting 14. LEE Harper - To Kill a Mockingbird 15. NABOKOV Vladimir - Lolita 16. ORWELL George - 1984 17. STEINBECK John - The Grapes of Wrath 18. TOLKIEN JRR - The Lord of the Rings 19. TWAIN Mark - The adventures of Huckleberry Finn 20. TOLKIEN JRR - The Hobbit |